Klein DJ se lewe met roerende diens gevier

2011-12-29 10:18
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – Dit was ’n diens om sy seun, wat vir hom en sy vrou, Marcelle, ’n geskenk van die Here was, se kort lewe op aarde te vier.

Só het De Wet Barry, oud-Springbokrugbyspeler en voormalige kaptein van die OP-Kings, gister aan roubeklaers gesê wat die troosdiens vir klein DJ (2) in die NG kerk Hoogland in Broadwood bygewoon het.

DJ is verlede Dinsdag (20 Desember) ná ’n kort siekte aan longontsteking in die Life-St. George-hospitaal dood.

“Vir twee jaar, twee maande en 18 dae het die Here jou aan ons geleen,” het ’n emosionele Barry gister gesê.

“Ons huis is nou stil. Woorde kan nie beskryf hoe ons jou mis nie. Ons dra jou in ons harte vir die res van ons dae en kan nie wag om jou by Liewe Jesus te sien nie.”

Die foto’s op die begrafnisbrief wys ’n lewenslustige peuter met ’n breë glimlag.

Die kerkgangers was erg aangedaan nadat vier video’s vertoon is waarin DJ onder meer probeer fluit het met twee vingers in sy mond en met sy ma se rooi handsak en twee verskillende skoene van sy pa gestaan het.

Barry se stem het plek-plek weggeraak terwyl hy oor sy kind gepraat het.

DJ word Saterdag op Worcester begrawe.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: de wet barry  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.