Klagte van Matie verwerp

2009-11-16 07:24
Tweets Share Share line Print

Philip de Bruin

Kaapstad-Nege regters van die konstitusionele hof het eenparig beslis dat die Matie-student wat aanvoer hy word “onophoudelik en meedoënloos” deur mede-studente geteister, behoort nie nou al toegang tot die hoogste hof in die land te kry nie.

Patrick Msimanga, ’n mediese virologie-student in sy vierde jaar, het in hofstukke voor hoofregter Sandile Ngcobo aangevoer dat die vlak van teistering wat hy van (wit) studente moes verduur, só erg was dat hy sy koshuis op die Tygerberg-kampus van die Universiteit Stellenbosch moes verlaat.

Hy het sy klagtes onder die aandag van die US se bestuur gebring, maar geen daadwerklike poging is aangewend om hom te help nie, het hy betoog.

Ook sy klagte by die gelykheidshof in Kaapstad het op niks uitgeloop nie, onder meer omdat hy nie besonderhede van die “oortreders” en detail van die teistering aan die hof verskaf het nie.

Voor Ngcobo het Msimanga aangevoer dat hy daarop aandring dat sy grondwetlike reg op gelyke behandeling en op menswaardigheid beskerm moet word.

Onder leiding van Ngcobo het nege regters van die konstitusionele hof egter Vrydagmiddag laat ’n bevel gemaak waarin hulle Msimanga se aansoek om toegang tot dié hof verwerp.

“Dit is nie in die belang van die regspleging dat die geding in hierdie stadium in die konstitusionele hof aangehoor word nie,” het hulle gesê.

Dit staan Msimanga nou vry om sy gedinge in die hooggeregshof, die appèlhof en moontlik dan ook weer in die konstitusionele hof, te voer.

- Die Burger


 

Lees meer oor: hofsaak  |  aanranding  |  maties

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.