Klagte nadat Malema man se erf 'steel'

2012-01-08 08:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie ondersoek nuwe klagtes van korrupsie, bedrog en diefstal teen Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, in verband met die “verkoop” van ’n erf in 2007.

Matane Mphahlele, ’n sakeman en eertydse vriend van Malema, beskuldig Malema daarvan dat hy ’n waardevolle stuk grond wat aan hom behoort het in Sterpark, Polokwane, gesteel het.

Mphahlele beweer Malema het met behulp van sy prokureur en munisipale beamptes onwettig die erf in sy naam oorgedra en dit kort daarna teen ’n reusagtige 300% wins herverkoop.

Mphahlele het verlede Donderdag ’n klag by die Polokwane-polisiekantoor ingedien teen Malema, Maboku Mangena, ’n prokureur, Clifford Motsepe, hoof van Limpopo se behuisingsdepartement, asook senior munisipale beamptes. Volgens hom het hy dit gedoen omdat dit “in die openbare belang is met al die korrupsie wat in die regering aangaan”.

Ao. Lesiba Ramoshaba, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n klag is by hulle ingedien en dat die handelstak dit ondersoek.

Dokumente in die munisipale lêer wys die erf was op 4 April 2007 nog in Mphahlele se naam geregistreer, maar is dieselfde dag na Malema oorgedra teen ’n koopprys van R222 300.

Dit is kort daarna, op 29 Mei 2007, teen R680 000 verkoop.

Floyd Shivambu, Malema se woordvoerder, het nie op navrae gereageer nie.

Motsepe, wat ook op die SAUK-raad dien, het aan City Press, Rapport se susterkoerant, gesê hy gaan nie op navrae reageer nie. Sy woorde was: “Hou aan droom.”

Mangena was geskok om te hoor ’n klag is ingedien, maar sal “op die gepaste tyd en forum” daarop reageer.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: julius malema  |  bedrog  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.