Klag teen nuwe NVG-hoof
2009-11-27 12:06
Johannesburg – ‘n Senior advokaat, Pat Ellis, SC, gaan ‘n ormele klag lê by die balieraad teen die nuut aangestelde baas van vervolging Menzi Simelane, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
“Ek sal Dinsdag ‘n memorandum by die Pretoriase balieraad voorlê en hulle sal dit van daar af moet vat. Die balieraad sal dan besluit of Simelane ondersoek moet word en indien wel, watse vorm die ondersoek moet aanneem,” het hy gesê.
Die kern van sy klag sal handel rondom ‘n bevinding deur die voormalige speaker van die nasionale vergadering, Frene Ginwala, verlede jaar gedurende ‘n ondersoek of die voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag Vusi Pikoli, geskik was vir die pos.
Simelane het getuig by daardie verhoor.
Ginwale het gevind dat Simelane waarskynlik ingemeng het met die onafhanklikheid van die NVG gedurende die bedrog en korrupsie ondersoek teen die voormalige hoof van polisie, Jackie Selebi.
President Jacob Zuma se woordvoerder, Vusi Mona, het gesê dat Ginwala se bevindinge nie relevant was tot Simelane se aanstelling nie.
“Frene Ginwala is nie die minister van justisie nie,” het Mona gesê.
Die Mail & Guardian het berig dat Simelane ‘n vergadering op 12 Oktober gereël het, twee dae na sy aanstelling, waain hy vir die lede van die NVG gesê het dat sy oorplasing “onverwags” was.
“Hy het gesê dat hy ‘n gebore politikus is en dat dit algemene kennis is dat hy ‘n lid van die party [ANC] is, wat die president tot mag verkies het,” het een van die werkers aan die koerant gesê.
“Hy het gesê dat hy deur die party aangestel is en dat deel van sy taak is om die ANC se visie vir die NVG te implementeer.”
Simelane het glo ‘n week later met aanklaers by die NVG se kantore in Johannesburg vergader en gesê dat politiese inmenging nie geduld sal word nie.
- Sapa