Klag teen Wimpy-bestuurder teruggetrek

2011-10-14 07:00
Tweets Share Share line Print

Steven Williamson en sy vrou Béola

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – ’n Klag van beweerde diefstal by sy werkplek is teruggetrek teen Steven Williamson (30), vermiste bestuurder van die Wimpy-restaurant op Prellerplein in Bloemfontein.

Intussen het sy vrou, Béola, hom Donderdag in ’n hartroerende pleitbrief gesmeek om terug te keer, al is daar dalk redes waarom hy skugter is om dit te doen. Sy sal onvoorwaardelik by hom staan.

In haar brief sê sy:“My Lief, dis vandag die sesde dag vandat ek jou laas by my gehad het. In die ses dae het my hele lewe en bestaan in duie gestort. Ek kan nie slaap nie, ek lê en wag die hele nag dat jy dalk aan die venster kom klop. Ek kan nie eet nie, want hoe weet ek daar waar jy is, het jy ooit iets om te eet? Ek wil jou so graag net by die huis hê, jy het niks om voor bang te wees nie. Ek sal by jou staan, maak nie saak wat nie!”

Daan van der Vyver, eienaar van die Wimpy-restaurant, sê hy wil Williamson nie vervolg nie.

“Al wat ek hoop, is dat Steven veilig sal terugkom.”

Lt.kol. Bennie van den Heever, bevelvoerder van die Bayswater-polisiekantoor, sê ’n klag van die diefstal van geld wat Saterdag deur van der Vyver ingedien is, is Donderdag teruggetrek.

Van den Heever sê al wat nou ondersoek word, is Williamson se verdwyning omdat hy as ’n vermiste persoon by die polisie aangemeld is.

Van den Heever sê die polisie se laaste leidraad in die stad was beeldmateriaal van die Engen-vulstasie op Prellerplein waar Williamson Saterdag voor sy verdwyning brandstof ingegooi het.

Williamson se vrou, familie en vriende is rasend van bekommernis.

’n Facebook-groep Search for Steven Williamson het Donderdag reeds meer as 1 200 ondersteuners gehad.

Mev. Williamson sê sy wil net haar man terughê. Dit is al.

“Ek gee nie om wat mense sê nie. Ek soek Steven terug. Ons sal op 10 Desember vanjaar 11 en ’n half jaar saam wees. Op 3 November is ons vier jaar getroud. Ons het planne gemaak om saam op Jeffreysbaai te gaan vakansie hou.”

Enigiemand met inligting oor waar Williamson kan wees, kan Leon Rossouw, bekende selfoonspeurder, by 083-410-0900 bel, of die Bayswater-polisiekantoor by 051-406-2602.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.