Kitsvloede tref Karoo
2011-02-14 13:17
Kaapstad – Meer as 100 mm reën het in 24 uur Saterdag en Sondag in en om die sentrale Karoo-dorpe van Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda geval, het The Herald Online Maandag berig.
In sommige plekke het 75 mm in 30 minute geval, wat veroorsaak het dat damme se walle oorstroom het.
Die polisie en rampbestuur-beamptes is op 'n hoë gereedheidsgrondslag geplaas om inwoners waar nodig uit die gebied te ontruim.
Die Nqweba-dam is tot oorlopens toe vol.
"Dit lyk of nog reën op pad is," het Christopher Rhoode, hoof van die rampbestuur in die gebied, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA