Kinderverkragter kry 16-keer lewenslank
2009-08-18 20:35
Johannesburg - ‘n Reeks-kinderverkragter en moordenaar is Dinsdag in ‘n hof in Limpopo tot 16 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
"David Randitsheni (45) het 16 keer lewenslange tronkstraf ontvang vir ‘n reeks moorde, verkragtings en ontvoerings wat hy tussen 2004 en 2008 gepleeg het”, het Sally de Beer van die polisiediens gesê.
Randitsheni is skuldig gevind op 10 aanklagtes van moord, 17 van verkragting, 18 van ontvoering en een van onsedelike aanranding.
Volgens De Beer is slegs een van die aanklagtes van verkragting vir ‘n persoon wat ouer as 18-jaar is.
“Al 19 die slagoffers is ontvoer en toe verkrag en 10 van hulle is vermoor”, het De Beer gesê.
Randitsheni is in Mei 2008 in hegtenis geneem en regter Roger Claassen het gesê hy sal nie vir die volgende 35-jaar kan aansoek doen op parool nie.
- Sapa