Kindersterftes skok

2011-08-11 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Uit elke 1 000 babas wat in die Noord-Kaap gebore word, sterf 54,4 voordat hulle ’n jaar oud word.

Uit elke 1 000 babas wat hier gebore word, sterf 73,4 voordat hulle vyf jaar oud word.

Dié skokkende statistieke is Woensdag deur prof. André Venter, hoof van die Vrystaat se gesondheidsdepartement se eenheid vir pediatrie en kindergesondheid, bekend gemaak.

Venter was een van die sprekers op die gesondheidsdepartement se kindersorg-konferensie in Bloemfontein.

Hy sê die vyf grootste redes waarom die kinders sterf, is infeksie in die ingewande, longontsteking, respiratoriese en kardiologiese redes, wanvoeding en vroeë geboortes.

Venter sê die meeste van die siektes kan genees word indien die regte mediese sorg toegedien word.

Hy sê dit is veral die aantal sterftes voordat die babas een jaar oud word, wat erg kommer wek.

“Te veel kinders gaan dood. Heeltemal te veel kinders gaan in ons hospitale dood.”

Voorts sê Venter die gesondheidsdepartemente oor die land staan voor reuse-uitdagings.

“Armoede moet as een van die redes van dood raakgesien word. Die redes waarom kinders doodgaan, moet dringend aandag kry.

“Alles oor vigs en MIV moet aandag kry.”

Hy het egter gewaarsku dat daar sekere uitdagings is wanneer dit by statistieke soos hierdie kom.

“Statistieke is slegs so goed soos die inligting wat deurgegee word.

“Teen die tyd wat die inligting deurgegee word, is dit reeds verouderd. Statistieke hou ook nie met vinnige verandering by nie en daar is onderliggende komplikasies wat nie deur die statistieke gewys word nie.”

Die meeste van die statistieke oor die kindersterftes is van 2008, maar Venter meen dit is steeds ’n goeie prentjie van hoe sake vandag staan.

In die Vrystaat lyk die prentjie ook glad nie beter nie.

Die meeste sterftes van kinders onder vyf jaar kom hier voor.

Uit elke 1 000 babas wat gebore word, sterf 84,3 tussen 1 en 12 maande.

Uit elke 1 000 babas wat gebore word, sterf 110,3 voordat hulle vyf jaar oud word.

Dié sterftesyfers is bykans twee keer soveel as in die res van die land.

Dr. Lesley Bamford, van die nasionale gesondheidsdepartement, sê daar is ’n stelsel in plek om die sterftes van kinders in staatshospitale te monitor.

Daar word probeer om die stelsel deurlopend te verbeter.

“Die stelsel is ’n oudit van die sterftes in hospitale en dit stel gesondheidswerkers in staat om die sorg wat kinders ontvang, te reguleer.”

Haar aanbevelings om kindersorg te verbeter is om ’n beter beleid in werking te stel, om die administratiewe proses te verbeter, om beter kliniese sorg te lewer en genoegsame opleiding te verskaf.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.