Kinders, vrou sterf in brand naby Uitenhage
2010-12-12 18:07
Johannesburg – Twee kinders en ‘n vrou het doodgebrand nadat ‘n brand Sondag in ‘n plakkershut in Kamesh, naby Uitenhage uitgebreek het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Volgens ao. Marianette Olivier, polisiewoordvoerder, het die brand vroeg Sondagoggend in Greenfield ontstaan.
Twee broers, een en twee jaar oud, en ‘n vrou is in die voorval oorlede.
Volgens Olivier was dit nie duidelik wat die verhouding tussen die vrou en kinders was nie.
Die oorsaak van die brand is ook nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA