Kinders versmoor in ou yskas
2011-10-26 19:17
Durban – ‘n Meisie en seuntjie, die een vier en die ander vyf jaar oud,
het in ‘n ou yskas by hulle huis in Bergville, KwaZulu-Natal, versmoor
Hulle het Maandagmiddag in die yskas geklim, het luitenant-kolonel Vincent Mdunge gesê.
Die yskasdeur het agter hulle toegeklap en die twee kinders kon
nie weer uit nie.
Familielede het hul lyke ‘n paar uur later
gevind.
“Ons vermoed glad nie vuilspel nie,” het
Mdunge gesê.
Dit was nie onmiddelik bekend of die twee
broer en suster was nie.
‘n Dossier is oopgemaak en die saak word
ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA