Kinders uit brandende huis in Pta gered
2011-10-05 15:03
Pretoria – Drie kinders is Woensdag vir rookinaseming behandel nadat 'n brand by 'n huis in Nellmapius, Pretoria, ontstaan het, het die polisie gesê.
Die kinders (nege, vyf en twee jaar oud) is deur bure uit die brandende huis gered," het kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, gesê.
Die kinders was ten tyde van die brand alleen tuis.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA