Kinders sterf ná huis brand
2010-08-06 11:31
Wes-Kaap - Twee kinders het doodgebrand en talle mense is dakloos gelaat ná drie plakkershutte in Manenberg op die Kaapse Vlakte aan die brand geslaan het, het die beheerkantoor van Kaapstad se brandweer gesê.
Paul Joseph, 'n woordvoerder, het gesê 'n meisie en 'n seun is dood toe die plakkershutte kort ná middernag in Oliver Tambo-rylaan aan die brand geslaan het.
"'n Groep mense is dakloos gelaat en is deur familie en vriende ingeneem," het hy gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA