Kinders sterf in brand
2011-11-30 20:08
Johannesburg – Twee kinders het gesterf in ‘n brand by 'n huis in Dindaza buite King William’s Town, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê.
Volgens kapt. Ernest Sigobe het die kinders, onderskeidelik nege en 11 jaar oud, en drie ander Dinsdag geslaap toe ‘n paraffienlamp blykbaar omgeval het.
Die drie oorlewendes, onderskeidelik 11, 15 en 19 jaar oud, is in die Cecilia Makiwane Hospitaal in Mdantsane, naby Oos-Londen, opgeneem. Hulle het ernstige brandwonde opgedoen.
Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA