Kinders soek in waterkanaal
2009-10-12 17:28
Bloemfontein - Polisieduikers en reddingspersoneel is op soek na twee vermiste straatkinders wat in 'n sterk vloeiende waterkanaal geval het.
Die kinders is tussen nege en 12 jaar oud.
Kapt. Chaka Marope, 'n polisiewoordvoerder, het gesê vier kinders het langs die waterkanaal naby die laerskool Wilgehof gespeel toe hulle omstreeks 08:00 Maandagoggend in die waterkanaal geval het.
Twee van die vier kinders kon hulself red.
Die ander twee kinders, wat in 'n plek van veiligheid in Bloemfontein woon, is steeds soek."
Swaar reën val sedert Sondag in Bloemfontein, met 70mm wat Maandag in die stad gemeet is.
– Sapa