Kinderpornografie: beampte skuldig
2009-12-08 09:40
Johannesburg - ‘n Geskorste maatskaplike toelae-beampte van Beaufort-Wes is skuldig bevind op twee aanklagte van die vervaardiging en besit van kinderpornografie in die streekshof in Oudtshoorn, het die SAUK berig.
Terry Oliphant, ‘n voormalige lid van Cope, is egter onskuldig bevind op ‘n aanklag van statutêre verkragting. ‘n Meisie het beweer Oliphant het in 2006 seks met haar gehad toe sy 15 jaar oud was.
Die prosedure vir vonnisoplegging sal volgende jaar op 27 Januarie begin.
- Sapa