Kinderporno-saak uitgestel
2011-05-05 17:40
Pretoria – Nege familielede wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n pornografie-sindikaat bedryf, het Donderdag vlugtig van die Pretoria-Noord-streekhof verskyn.
Die saak is tot 20 Mei uitgestel.
Die staat het gevra dat die saak uitgestel word omdat hulle wag vir sommige beëdigde verklarings om gefinaliseer te word en toestemming van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) om 'n aanklag van afpersing op die klagstaat te plaas.
Die familielede staan tereg op aanklagte van ondermeer aanklagte van verkragting, onsedelike aanranding en verspreiding van kinderpornografie.
Verskeie kinders, insluitend biologiese en pleegkinders, is uit hul sorg verwyder en in plekke van veiligheid geplaas.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA