Kinderporno: Oupa 'wou net help'
2010-12-14 15:21
Pretoria – Die 58-jarige oupa wat beskuldig word van betrokkenheid by 'n kinderpornografie-sindikaat het in die Pretoria-Noord-hooggeregshof gesê hy was 'n "goeie persoon" wat net sy twee pleegkinders wou help.
Hy het gesê sy pleegdogter het semen op haar klere gehad toe sy in 2004 in hul sorg geplaas is. Die meisie was toe 16 maande oud.
Sy het nagmerries gehad, was bang vir mans en haar eerste woorde was vloekwoorde. Hy het van die begin af vermoed dat die kind verkrag was voor sy na hom en sy vrou gekom het.
Volgens die oupa het gesê die kind op 'n jong ouderdom "met haarself gespeel" en aan die geslagsdele van hul pleegseun gevat.
Verskeie klagtes aan die Christelike Maatskaplike Raad Noord (CMRN), wat die kinders in hul sorg geplaas het, en die polisie is volgens hom eenvoudig ignoreer.
Hulle het selfs geweier om "serifikate" van 'n distriksgeneesheer, wat gesê het die kind is gemolesteer en geestesversteurd, te aanvaar.
Hy het gevoel hy word vervolg omdat hy die CMRN gekonfronteer het en het gesê die stryd om sy pleegkinders terug te kry, is nog nie verby nie.
The Pretoria News het Maandag berig dat die Suid-Afrikaanse Raad vir Professies in die Maatskaplike Diens die CMRN-maatskaplike werkers wat die kinders in die sorg van die paartjie geplaas het, ondersoek.
Die oupa, sy vrou en ses ander familielede is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer die vervaardiging van kinderpornografie, verkragting en seksuele aanranding.
Die staat staan hul borgtogaansoek teen.
Die verhoor duur voort.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA