Kindermishandelaars se name moet bekendgemaak word
2010-11-12 19:44
Johannesburg - Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid wil hê kindermishandelaars moet uitgewys en hul name bekendgemaak word.
Dit volg op verskeie berigte die afgelope ruk van die mishandeling en verkragting van jong meisies.
In een van die voorvalle is 'n 15-jarige skooldogter by die Jules Hoërskool verkrag. In 'n ander is 'n elfjarige meisie in Katlehong, oos van die stad verkrag.
Nonhlanhla Mazibuko, LUR van Gemeenskapsveiligheid, het 'n beroep op gemeenskappe gedoen om saam te werk om, wat sy noem, die barbaarse optrede teen vroue en kinders stop te sit.
Sy het 'n beroep op die regbank gedoen om seksoortreders swaar te straf.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA