Kind verdrink terwyl "dronk" ma slaap
2010-12-19 11:58
Johannesburg - 'n Eenjarige kind het Saterdag in 'n 20-liter waterhouer in
Addo in die Oos-Kaap verdrink, het polisie gesê.
Die voorval het gebeur terwyl die kind se "dronk"
ma geslaap het, het lt.kol. Priscilla Naidu gesê.
"'n Vriend van die ma het by die huis in Valencia
aangekom en gesien dat die deur nie gesluit is nie. Toe sy by die kamer
ingegaan het, het sy Randall Denver Louw in die waterhouer gesien,” het Naidu
gesê.
"Sy het probeer om die kind se ma wakker te maak, maar
sy was so dronk dat sy na die bure gehardloop het vir hulp."
Die kind se pa het kort daarna by die huis aangekom, het sy
gesê.
Volgens die bure, is die paartjie se vyfjarige seun vyf
maande gelede aan natuurlike oorsake dood.
Die saak word ondersoek, het Naidu gesê.
- SAPA