Kind verdrink in spruit wat met rioolvuil besoedel is

2010-07-07 10:36
Tweets Share Share line Print

Beeld

Senekal. – ’n Seun (5) het in onbehandelde rioolafval verdrink wat nog vrylik in die Sandspruit vloei ondanks ’n strafregtelike saak wat ná jare se rioolprobleme in Mei deur die DA teen die Setsoto-munisipaliteit aanhangig gemaak is.

Die erg besoedelde Sandspruit vloei in die Sandrivier wat, as dit genoeg reën, na die Allemanskraaldam tussen Winburg en Ventersburg lei.

Die Setsoto-munisipaliteit het Dinsdag nie geweet Katleho Hlaty- wayovan die Matwabeng-township het Maandag in die spruit verdrink nie.

Die plek waar Katleho verdrink het, is onder meer met kondome en menslike uitwerpsel besoedel.

’n Polisieduikspan van Welkom is ingeroep om na sy lyk te soek. Die span wou egter nie die vuil water binnegaan nie en het hake gebruik om die lyk op te spoor en uit te haal.

Waar hy verdrink het, is die spruit net sowat ’n meter diep.

Flip Strydom, DA-stadsraadlid, sê rioolafval is ’n groot probleem in die Setsoto-gebied – wat Clocolan, Marquard, Ficksburg en Senekal insluit.

Hy sê talle onvoltooide munisipale tenders het tot dié krisis gelei. Die groot rioolbehandelingsprojek van miljoene rande moes al sowat twee jaar gelede voltooi gewees het, maar staan al geruime tyd stil.

Volgens Strydom doen die munisipaliteit ook nie die nodige instandhoudingswerk nie. “Die munisipale amptenare... het nie die voertuie of toerusting om hul werk te doen nie,” sê hy.

Henk van der Walt, bedryfsbestuurder van die DA in die Thabo Mofutsanyana-distrik en inwoner van Senekal, het die saak namens die DA op 22 Mei by die Senekal-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Hy sê ingevolge die Waterwet is onbehandelde rioolafval wat op-setlik of as gevolg van nalatigheid gestort word, ’n strafregtelike oortreding. Van der Walt sê ’n vergadering tussen raadslede en die Senekalse sakeforum is verlede week gehou om ’n oplossing vir die probleem te soek.

Die rioolafval vloei op verskeie plekke, insluitend die Senekalse gholfbaan.

Thabo Mokhethoa, bestuurder van die munisipaliteit se water-en-rioolafdeling, sê die munisipaliteit weet van die probleem.

Hy sê die raad het al met die departement van waterwese vergader om ’n 30 kW-pomp by die spruit aan te bring aangesien die huidige pomp te klein is. Die pomp is al bestel.

Kapt. Phumelo Dhlamini, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n senior aanklaer van Bloemfontein ondersoek die saak teen die munisipaliteit. Hy het bevestig kenners gaan die water in die Sandspruitrivier binnekort kom toets.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: verdrinkings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.