Kind verdrink in getypoel
2012-01-08 22:46
Johannesburg – ‘n Sewejarige seun het Sondag by Harmony-park naby Kaapstad verdrink, het ‘n amptenaar van die stad gesê.
Die kind het in die moeilikheid beland in die getypoel by die Harmony-park-oord in die Strand, het rampbestuur-woordvoerder Wilfred Solomons-Johannes gesê.
“Die seun het saam met sy vriende geswem, sonder toesig.”
Volgens Solomons-Johannes het lewensredders en paramedici vir ‘n uur lank mond-tot-mond-asemhaling op die kind gedoen.
“Die pogings om die kind by te bring was onsuksesvol. Die familie is in ‘n toestand van skok en reëlings is gemaak om trauma-berading aan hulle te bied.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA