Kind se hande afgekap in moord

2010-03-12 08:05
Tweets Share Share line Print

Anika Smit

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - ’n Blonde tienermeisie het vermoor, kaal en sonder hande gelê toe haar pa Woensdag in hul huis in die noorde van Pretoria op haar afgekom het.

Dié oggend het Johan Smit vir Anika (17), sy enigste kind, nog koebaai gesê voordat hy werk toe is.

Toe hy haar weer sien, was sy dood en vermoedelik verkrag. Haar hande is tussen die elmboog en pols afgesny en saam met die moordenaar(s) weg.

“Toe ek die omgekeerde stoele in die eetkamer sien, het ek geweet iets is nie reg nie,” het Smit (54) van Theresapark gesê terwyl hy gesukkel het om die trane te keer.

“Ek het na haar geroep, maar sy het nie geantwoord nie.”

Oomblikke later het Smit op sy dogter se lyk in haar slaapkamer afgekom.

Niks is geroof nie.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê ’n lykskouing sal bevestig hoe Anika dood is en of sy verkrag of onsedelik aangerand is.

Anika was Woensdag alleen by die huis waar sy en haar pa woon. Sy is nie skool toe nie weens infeksie in haar ore.

Smit het omstreeks 16:00, ná werk, by die huis gekom en gesien die buitehek en veiligheidshek staan oop en die slotte is weg. Anika se bromponie het voor die voordeur gestaan.

Toe hy by die huis instap, het hy gesien die eetkamertafel staan skeef en die stoele is omgekeer.

Nadat Smit sy dogter geroep en sy nie geantwoord het nie, is hy na haar kamer.

“Sy het op die grond gelê, sonder klere. Albei haar hande was afgesny en weg. Die mense (Anika se moordenaar/s) moes dit saamgevat het.”

Smit is dadelik na sy buurman, waar hulle die polisie gebel het. Volgens Smit was die polisie binne minute op die toneel en hy het baie goeie diens van hulle gekry.

“Die polisie het vir my gesê sy is ses keer met ’n mes in die nek gesny. Hulle ondersoek ook die moontlikheid dat sy verkrag is.”

Smit meen sy het haar moordenaar(s) moontlik gekrap en dat haar hande verwyder is uit vrees dat DNS-getuienis onder haar vingernaels hom/hulle aan die pen kan laat ry.

Dit lyk volgens Anika se pa ook of sy probeer terugbaklei en weghardloop het.

Smit het Woensdagoggend gereël dat Anika se medisyne by die huis afgelaai word. Omstreeks etenstyd het iemand van die apteek hom gebel en gesê hulle was by die huis, maar niemand was daar om die medisyne te ontvang nie.

“Ek het Anika etenstyd gebel, maar sy het nie geantwoord nie. Ek het gedink sy slaap omdat sy nie lekker gevoel het nie.

“Toe ek tuis kom, het ek gesien wat die probleem was.”

Die skoolvlag van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria, waar Anika ’n gr. 11-leerling was, het gister halfstok gehang.

Steven Hearne, skoolhoof, het gesê Anika was sedert Januarie vanjaar ’n leerling daar. Sy was in gr. 8 en gr. 9 ook daar, maar het daarna twee jaar by haar ma, Charlotte, in Hartenbos gewoon.

“Die skool rou,” het Hearne gesê.

- Beeld
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
90 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Onpatriotiese werkgewers??? Ek vind groot genot daarin om op jou parade te P - JULLE wat Cosatu is, JULLE wat deel vorm van die onheilige alliansie is verantwoordelik dat werkgewers liewers uitkyk vir dit wat saak maak - hulle besighede. Hulle is nie onpatrioties nie, hulle is realisties. Maar kommuniste het mos geen idee van hoe 'n ekonomie werk nie - weet net hoe om te gebruik, nie om te maak nie Patriote word nie in besighede gevind nie. Patriote word gevind in die gewapende magte, in die staatsdiens, in die politiek en om eerlik te wees, met die manier hoe julle die land plunder, is daar GEEN patriote in ons regering nie. Patriotisme het gesterf in 1992 toe die NP ons 'n rat voor die oe gedraai het Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.