Kind se bene 'per ongeluk' geamputeer
2009-11-29 21:45
Johannesburg - ‘n Twee-jarige meisie wat hospitaal toe is vir brandwonde aan haar hande, se bene is per ongeluk geamputeer.
“Die peuter....was opgeneem by die Far East Rand Hospital en is later na die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal geneem om behandeling vir brandwonde op haar hande te ontvang.”
“In plaas daarvan, is haar bene afgesit,” het Mandla Sidu, woordvoerder van die departement van gesondheid, in ‘n verklaring gesê.
Hy het bygevoeg dat die Gauteng se LUR vir gesondheid ‘n vergadering met die betrokke hospitaal personeel sal hou om uit te vind wie verantwoordelik was vir die grusame misverstand.
Dissiplinêre stappe sal noodwendig gevolg word.
Die skuldiges sal waarskynlik hul werk verloor.
- Sapa