Kind op N3-snelweg doodgery
2012-01-16 19:58
Johannesburg – ‘n Kind het Maandagmiddag gesterf nadat ‘n motor haar op die N3-snelweg naby die Marian Hill-tolplaza in Pietermaritzburg raakgery het, het paramedici gesê.
Die kind, wat vermoedelik tussen vyf en ses jaar oud is, is getref toe sy die besige pad oorsteek het, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
“Haar lyk is in die vinnige baan gevind, met ernstige beserings en ‘n groep mense wat rondom haar gestaan het. Ons weet nie of die mense haar familie was nie.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA