Kind (3) verdrink byna by ouerhuis
2009-10-20 13:57
Durban - 'n Driejarige dogtertjie is in 'n kritieke toestand nadat sy Dinsdag amper in haar ouers se swembad verdrink het.
Die kind was onder toesig van die gesin se huishulp toe sy in die water geval het.
Sy het koponderstebo in die water gedryf toe paramedici haar kry.
Netcare 911-werkers het die dogtertjie op die toneel gestabiliseer en na die Addington-hospitaal in Durban geneem.
"Sy's gelukkig om lewendig te wees," het 'n Netcare 911-woordvoerder, Jeff Wicks, gesê.
- Sapa