Kiesers van register verwyder
2011-03-24 23:00
Johannesburg – Tien mense is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van die Midvaal-kiesersregister verwyder.
Dít kom nadat die OVK klagtes ontvang het dat kiesers glo met busse aangery is om in dié gebied te registreer vir die plaaslike verkiesing.
“Die OVK neem hierdie aantygings baie ernstig op,” het Timothy Nast, Midvaal-burgemeester, Donderdag gesê.
Die Demokratiese Alliansie (DA), wat die Midvaal-munisipaliteit bestuur, het gekla dat die ANC busse vol mense na dié gebied gestuur het in die hoop om meer stemme te werf.
Volgens Nast het die ANC dié aantygings ten volle ontken.
Na bewering het die OVK glo sowat 120 klagtes ontvang.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA