Khoza se dogter ontken Zuma-liefdeskind
2010-02-02 16:03
Kaapstad – Sonono Khoza het gerugte ontken dat sy ‘n liefdeskind by pres. Jacob Zuma het, het The Sowetan berig.
Khoza is die dogter van die sokkerbaas Irvin Khoza en ‘n goeie vriend van Zuma. Die Sunday Times het vroeër berig dat die 39-jarige Khoza op 8 Oktober geboorte geskenk het aan Thandekile Matina Zuma, sowat drie maande voor Zuma vir die vyfde keer getrou het.
“Watter baba praat julle van? Ek het twee kinders en hulle is in die skool,” het sy glo aan die Sowetan gesê.
Die Sowetan het bronne aangehaal wat bevestig het dat Khoza, wat by 'n bank werk, haar kraamverlof ‘n maand vroeër geneem het, omdat sy ‘n "moeilike swangerskap" beleef het.
Vir die volledige berig, besoek iol