Khoisan-advertensie onttrek
2010-07-01 16:27
Kaapstad – ‘n Advertensie wat die karakter van 'n Khoisan as ‘n ‘opsporingstoestel’ op ‘n motor uitbeeld, is deur die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (ASA) onttrek.
ASA het op hul webwerf gesê hulle het ‘n hele paar klagtes oor die advertensie ontvang, wat vir AA Versekeraars gemaak is.
In die advertensie vra ‘n man vir ‘n opsporingstoestel. ‘n Khoisan-karakter word aan hom gewys wat in ‘n stoel op die motor se enjinkap sit.
Wanneer die man vra wat dit is, word daar aan hom gesê dis ‘n opsporingstoestel.
Volgens die ASA verstaan hulle dat die woord ‘opsporing,’ ‘n vaardigheid is wat met Khoisan-mense verbind word.
“Maar dit verkleineer die Khoisan om hulle as ‘n opsporingstoestel uit te beeld,” het die ASA gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA