Keuse vir hoofregter ‘ietwat van ’n skok’

2011-08-17 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma se benoeming van regter Mogoeng Mogoeng as hoofregter het Dinsdag politici en regslui skeef laat opkyk.

Die feit dat Zuma adjunkhoofregter Dikgang Moseneke weer eens oor die hoof gesien en ook nie toegegee het aan druk van onder meer die ANC-vroueliga om vir die eerste keer ’n vroulike hoofregter aan te wys nie, het eweneens verbasing uitgelok.

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, het Mogoeng as ’n “konserwatiewe regter” bestempel.

Hy het gesê gegewe die aantal uitnemende regters waaruit Zuma kon kies, is dit “ietwat van ’n skok” dat hy Mogoeng – wat in 2009 as regter van die konstitusionele hof aangewys is – benoem het.

Zuma het Dinsdag politieke partye en die Regterlike Dienskommissie oor sy benoeming van Mogoeng ingelig. Hulle het tot 24 Augustus om daarop te reageer.

Mogoeng het jare ondervinding in die regsberoep. Hy is in 1997 as regter in die Noordwes-hooggeregshof aangewys en het daar in 2002, ná twee jaar in die arbeidsappèlhof, regter-president geword.

“Hy het sy kundigheid en toegewyde belangstelling in die verandering van die regbank en die bevordering van toegang tot die regstelsel bewys deur nie net deel te wees van nie, maar ook programme te lei wat ontwerp is om doeltreffendheid en transformasie van howe te bevorder,” lui ’n verklaring deur die presidensie.

Die IVP se hoofsweep, mnr. Koos van der Merwe, het gesê hy is “verras” oor Zuma se keuse. “Regter Mogoeng is betreklik junior vergeleke met ander.”

Die DA-leier, Helen Zille, het gesê haar party sal Mogoeng se agtergrond en sy toewyding tot die onafhanklikheid van die regbank noukeurig nagaan.

Die VF+ se leier, dr. Pieter Mulder, het gesê dit is belangrik dat die nuwe hoofregter “onbevrees die onafhanklikheid van die regbank en konstitusionele hof beskerm”.

Die pos van hoofregter het op 14 Augustus vakant geword toe oudhoofregter Sandile Ngcobo se dienstermyn verstryk het. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sa politiek  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.