Kerkskool-hoof skuldig van onsedelike aanranding

2010-07-04 07:26
Tweets Share Share line Print

Rapport

PRETORIA - ’n Voormalige skoolhoof van ’n kerkskool het vir jong meisies gesê God se opdrag is om die liefde te versprei, maar hulle onsedelik aangerand.

Enrico Kuyper (68) was die hoof van die Gereformeerde Skool in Pretoria-Noord totdat sy borgtogvoorwaardes hom verbied het om naby die skool te kom.

Die hof het gehoor hoe hy tydens die kerkgeskiedenisklas met die bra-rekkies van die meisies, destyds tussen die ouderdom van 10 en 12, gespeel en hulle gekielie het.

Landdros Pieter Nel van die Pretoria-Noord-streekhof het Vrydag Kuyper se algehele ontkenning van die misdrywe verwerp.

Kuyper is skuldig bevind op twee aanklagte van onsedelike aanranding en een van verkragting.

Nel het bevind dit is hoogs onwaarskynlik dat vier meisies sou saamsweer om hom valslik te beskuldig.

Kuyper is egter op twee aanklagte van onsedelike aanranding vrygespreek.

Dramatiese tonele het ná die uitspraak in die hof afgespeel toe die groep ouers en klaers uit dankbaarheid én teleurstelling begin huil het.

“Ons is hartseer oor Petro*,” het die ouers, wat nie geïdentifiseer kan word nie, aan Rapport gesê.

Petro het Kuyper as pedofiel ontbloot deur vir haar ma te sê. Haar ma het getuig sy het aanvanklik nie haar dogter geglo nie omdat Kuyper ’n gerespekteerde man in die kerk was.

Petro het wéér iemand in haar vertroue geneem en dit het gelei tot die ander meisies se bekentenisse.

Die aanvanklike polisieverklaring het egter enkele verskille met haar getuienis in die hof getoon en Nel het bevind haar klag kon dus nie bo redelike twyfel bewys word nie.

“Sy (Petro) het my kind van hierdie hel verlos en nou is haar klag nie bewys nie,” het ’n ouer gesê.

“Ons troos onsself daaraan dat ons van die begin af as ’n groep saamgestaan het. Hy is ten minste skuldig bevind op van die aanklagte en die verkragtingsklag staan.”

Petro self het tydens die uitspraak begin huil en die ouers moes haar troos deur te verduidelik dat sy nie as leuenaar uitgemaak is nie.

Die gesinne moes vir die laaste paar jaar harde bene kou om met die vervolging deur te druk, selfs toe sommiges hulle nie wou glo dat die vrome Kuyper skuldig is nie.

’n Onderwyser het vir Kuyper se verdediging getuig en die destydse voorsitter van die ouerbeheerraad het gesê van die meisies se aantygings kan nie waar wees nie, want die skool se uitleg is van so ’n aard dat alles in die ope geskied.

Die hof het gehoor dat Kuyper as ’n reël drukkies vir die kinders gegee het en hulle op sy skoot gesit het.

Kuyper sal in Augustus gevonnis word.

* Skuilnaam

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: verkragting  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.