Kerke kap Zuma oor Malema

2010-04-06 07:48
Tweets Share Share line Print

Anesca Smith, Die Burger

Kaapstad - Die NG Kerk en Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het pres. Jacob Zuma gister regstreeks aangevat oor sy jakkalsdraaie om die ANC-jeugleier, Julius Malema, vas te vat oor sy “Skiet die Boer”-lied.

Prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, en dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris, het na aanleiding van die moord op Eugène Terre’Blanche in ’n verklaring gesê: “Die land kan nie emosionele liedere en slagspreuke wat rassespanning verhoog, bekostig nie.

“Pres. Zuma se beroep om kalmte en wetsgehoorsaamheid word verswak deur sy skynbare onvermoë of weiering om Julius Malema hieroor vas te vat. Sy belofte by die onlangse ete saam met Afrikaner-kultuur- en kerkleiers om aandag aan dié saak te gee, het net mooi niks opgelewer nie.”

Die GKSA het by monde van ds. Cassie Aucamp en dr. Nico Malan in ’n verklaring gesê: “U huiwering om radikale individue en opruiende liedere in eie geledere te repudieer, lei tot die uitstuur van ’n dubbelsinnige boodskap na landsburgers met betrekking tot versoening, geweld en die oppergesag van die reg.

“U kan nie die noodsaaklike leiding neem vir nasiebou en vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika en terselfdertyd swyg wanneer u ondersteuners opruiende uitsprake uiter en liedere soos ‘Skiet die Boer’ sing nie.”

Die NG Kerk vrees luidens sy verklaring dade, soos die “weersinwekkende moord” op Terre’Blanche, verhoog nie net spanning tussen Suid-Afrikaners nie, maar vergroot ook die kloof tussen verskillende radikale en minder radikale groepe.

Die GKSA het gesê die moord onderstreep hoe broos demokrasie in die land is. “Dié enkele gebeurtenis ontketen gemoedere en beklemtoon opnuut hoe nodig ons die Here se genade het om in vrede en wedersydse begrip saam te leef.”

In die lig van Romeine 12:18 het die GKSA ’n beroep op verantwoordelike en nugter optrede gedoen: “Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God.”

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het ’n beroep op volgelinge van die AWB-leier gedoen om hulle van wraak te weerhou.

“Moet dié ongelukkige gebeurtenis nie gebruik om die versoening wat ons land so desperaat benodig, te beduiwel nie,” het Eddie Makue, sekretaris-generaal van die SARK, gesê.

Makue het in sy kommentaar oor die Malema-lied ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle van opruiende taal te weerhou.

Die hoof van die Anglikaanse Kerk in Suider-Afrika en aartsbiskop van Kaapstad, dr. Thabo Makgoba, het sy skok uitgespreek oor die gebeure en meegevoel met die Terre’Blanche-familie betuig.

“Geen kind van God, ongeag wie hy is of wat sy mening mag wees, se lewe behoort op dié wyse te eindig nie.”

- Die Burger

Lees meer oor: ng kerk  |  people  |  gereformeerde kerk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.