Kenner in Jub Jub-saak nie 'geloofwaardig'
2011-10-11 14:02
Johannesburg – Die geloofwaardigheid van ’n ongeluk-rekonstruksiekenner wat in die verhoor van Molemo "Jub Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala getuig, is Dinsdag bevraagteken.
Ike Motloung, vir die verdediging, het in die Protea-landdroshof gesê Renier Balt is 'n "half kenner".
Balt kon nie sê hoeveel ongelukke hy al behartig het nie.
"Daar is 'n probleem met die deskundigheid. Jy wil 'n kenner wees," het Motloung gesê.
Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Motloung tree namens Maarohanye op.
Balt het aan Motloung gesê sy kwalifikasies word internasionaal erken. Hy het aan die hof gesê hy het 'n algemene kontrak met die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) om hoëprofiel-ongelukke te ondersoek.
"Ek het teken nie elke keer 'n kontrak as 'n saak aan my gegee word nie."
Balt het gesê die hy het meer as 700 ongelukke gedoen sedert hy deur die Ekurhuleni-metro as ongeluk-rekonstruksiekenner aangestel is.
"Daar is 'n probleem hier, waar kom die 331 vandaan?" het Motloung gevra.
Balt het vroeër gesê hy weet nie presies hoeveel sake hy gedoen het nie, maar dat hy meer as 331 sake gedoen het sedert hy die Ekurhuleni-metro verlaat het.
Hy het gesê die Maarohanye-ongeluk is sy 196ste saak.
Motloung wou weet hoekom 'n beampte van die Johannesburgse metropolisie hom na die ongelukstoneel vergesel het.
Balt het gesê die metropolisiebeampte was teenwoordig om die finale posisies van die twee motors uit te wys en hom foto's van die ongeluk, wat die vorige dag plaasgevind het, aan hom te wys.
Die verhoor duur voort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA