Kenner: Taximan nie van moord aangekla
2010-09-07 09:53
Kaapstad – Die taxi-bestuurder wat verantwoordelik is vir die dood van tien kinders sal nie aangekla word van moord nie, het ‘n kriminele regskenner Dinsdag gesê.
Jacob Humphreys staar 10 aanklagte van strafbare manslag in die gesig nadat sy taxi en ‘n trein twee weke gelede in Blackheath gebots het.
Volgens prof. Steve Tuson van Wits Universiteit was Humphreys se aksies nie voorbedag nie, so hy kan nie van moord aangekla word nie.
“Die verskil tussen moord en strafbare manslag is die kriminele bedoeling wat betrokke is. Met moord moet jy die bedoeling hê om dood te maak, terwyl strafbare manslag nalatigheid is. Jou nalatigheid het die persoon doodgemaak,” het Tuson gesê.
Humphreys sal Dinsdag terugkeer na die Blue Downs landdroshof waar ‘n besluit rakende sy borgtog-aansoek gemaak sal word.
Lees meer by Eyewitness News
Volg Nuus24 op Twitter