Kekana sê Tshwane word ’n piesangstad

2010-10-01 07:28
Tweets Share Share line Print

Dr. Gwen Ramokgopa Foto: Theana Calitz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria - Die Tshwane-metroraad het gister vure doodgeslaan nadat ’n verdoemende brief van Kiba Kekana, sy geskorste munisipale bestuurder, aan die lig gekom het.

Die uitlek van dié brief, wat Kekana glo in Februarie aan dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, gestuur het, is die jongste wending in Kekana se opspraakwekkende skorsing.

Kekana is verlede jaar “voorlopig” geskors nadat Ramokgopa op 29 Oktober ’n memorandum aan die Tshwane-raad voorgelê het.

Kekana beskuldig Ramokgopa in sy brief daarvan dat sy onder politieke druk geswig en hom op aandrang van die ANC se Tshwane-streek laat verwyder het. Volgens hom is dit gedoen sodat hy nie in die pad kan staan nie van “twyfelagtige karakters” (in die ANC), wat glo op onetiese wyse tenders vir eie voordeel wil toeken.

Die R1,2 miljard-kontrak vir die herbou van Munitoria is een van die tenders wat in die brief genoem word.

Hy beweer Ramokgopa, Sputla Ramokgopa, die ANC-voorsitter in die Tshwane-streek en glo ’n familielid van die burgemeester, Kgosi Maepa, ’n strategiese uitvoerende hoof in die burgemeester se kantoor, en Oupa Nkoane, die waarnemende munisipale bestuurder, is kop in een mus.

Sputla Ramokgopa is, volgens Kekana, aan die voorpunt van die heksejag teen hom.

Luidens die brief bestuur die ANC se plaaslike uitvoerende komitee Tshwane en word munisipale hulpbronne vir dié party se politieke aktiwiteite gebruik. Kekana het gemaan dit is ’n resep vir ’n “Banana City”.

Gwen Ramokgopa het gister gesê sy steur haar nie aan skinderstories in die media nie.

Sy kon Beeld nie ’n reguit antwoord gee oor of sy wel die brief gekry het nie.

Volgens Terrance Mashego, ANC-hoofsweep in die Tshwane-raad, is dit berigte soos dié (oor die brief) wat maak dat ’n mediatribunaal nodig is.

Kekana het gistermiddag gesê sy prokureur het hom afgeraai om kommentaar te lewer oor die brief. Dit is onseker wie die brief aan die media gegee het.

Die DA het op gister se raadsvergadering ’n mosie ingedien waarin gevra word dat die Ntsebeza-verslag onmiddellik aan die raad voorgelê moet word.

Adv. Dumisa Ntsebeza SC, is in Februarie aangestel om die bewerings van wanbestuur en ongerymdhede teen Kekana te ondersoek.

Hy het onlangs aangedui die verslag is al in Junie aan Ramokgopa oorhandig. Die verslag word sedertdien met groot geheimhouding gehanteer.

Die DA het ook gevra die raad moenie ’n goue handdruk aan Kekana toestaan voordat die Ntsebeza-verslag in die raad bespreek is nie.

Tshwane oorweeg volgens inligting om nagenoeg R2,5 miljoen aan Kekana uit te betaal in ’n skikkingsooreenkoms.

Die mosie is van die hand gewys.

- Beeld

Lees meer oor: tshwane

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.