Agliotti pleit onskuld

2010-07-26 10:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die moordsaak van die mynmagnaat Brett Kebble het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg afgeskop. Dit is byna vyf jaar sedert Kebble vermoor is.

Glen Agliotti staan tereg op die moord op Kebble. Agliotti was die staat se hoofgetuie in die saak teen die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi.

Volgens verslaggewers wat vanuit die hof tweet, het Agliottti onskuldig gepleit op die moordklag.

Die verhoor skop nou eers af omdat die staat eers Selebi se verhoor wou afhandel. Selebi is skuldig bevind van korrupsie.

Maandag se verhoor is ook onder ‘n nuwe staatsaanklaer, adv. Daniel Dakana aangevoer, nadat die voormalige aanklaer, Gerrie Nel, van die saak verwyder is.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), kon nie Maandagoggend gerugte bevestig dat verdere klagtes teen Agliotti gemaak is nie.

Die radiostasie Talk Radio 702 het berig dat Agliotti ook aangekla sal word van sameswering omdat hy daarvan verdink word dat hy van Kebble se mededingers in die sake-wêreld vermoor het. Daar is ook berig dat ‘n klag van poging tot moord teen Agliotti ondersoek word nadat Stephen Mildenhall geskiet is.

Kebble is in sy voertuig in Melrose, Johannesburg, op 27 September 2005 doodgeskiet. Agliotti het na sy inhegtenisname gesê Kebble se dood was selfmoord.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: glen agliotti  |  brett kebble  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.