Karoo kry meeste sneeu in 30 jr

2011-07-26 19:53
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die sneeu wat die afgelope week in die Karoo by Beaufort-Wes geval het, is die meeste sneeu sedert 1981, berig Landbouweekblad.

Mnr. Hein Rust, hoof van die rampbestuursentrum van die sentrale Karoo-munisipaliteit naby Beaufort-Wes, sê dié dele kry gewoonlik elke jaar sneeu, maar net in die hoogliggende dele soos op die Nuweveldberge.

“Hierdie sneeu was die meeste sedert 1981 wat so laag geval het soos in die dorp self,” aldus Rust.

Rust sê dit het Sondagnag en Maandagoggend (24 en 25 Julie 2011) begin sneeu en reën in die distrik. Die sneeu het sowat 40 km suid en suid-oos van Beaufort-Wes begin, en ál meer noord na Drie Susters, Richmond en Victoria-Wes uitgebrei.

Gamka-dam
Rust sê sowat 40 mm reën het in die omgewing geval, waarvoor hulle baie dankbaar is. Die Gamka-dam, wat die gebied van water voorsien, is tans 43% vol. Hy sê hulle verwag dat die dam se watervlak sal styg wanneer die sneeu smelt.

Beaufort-Wes het verlede jaar tydens die Kerstyd reisigers wat daardeur gery het op pad na vakansie gevra om vyf liter-bottels water aan die dorp te skenk omdat hulle groot waternood ervaar het.

Roetes gesluit
Volgens Rust moes die N1 tussen Beaufort-Wes en Drie Susters Maandag in ’n stadium gesluit word omdat die pad baie glad was weens die sneeu. Hy sê twee ongelukke het voorgekom, maar dit was nie ernstig nie.

Intussen sê Agri Oos-Kaap sowat 18 paaie is in die provinsie toegesneeu. ’n Groot deel van die afgevaardigdes wat dié week die organisasie se jaarlikse kongres sou bywoon, sal nie daar kan uitkom nie. Die organisasie sê ’n groot klomp boere van die distrikte Oueenstown, Barkley-Oos en Jamestown is tans op hul plase vasgekeer.

- Landbouweekblad

Lees meer oor: karoo  |  sneeu

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.