Karkasse van 20 renosters opgegrawe

2010-10-09 06:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Nog twee vermeende lede van die sogenaamde Groenewald-stroperbende het vandeesweek in die hof in Musina verskyn.

Mnre. Gys du Preez (31), ’n beroepsjagter, en Joseph Maluleka (39), ’n plaaswerker, moet nou van 11 April saam met die ander 11 beskuldigdes teregstaan op aanklagte van onder meer die onwettige besit van renosterhoring.

Albei is op borgtog vrygelaat, het lt.kol. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, gister gesê.

Intussen is 20 renosterkarkasse op Dawie Groenewald se plaas Prachtig in die Musina-omgewing opgegrawe.

Hy en tien ander mense, onder wie twee veeartse en ’n helikoptervlieënier, het ook onlangs in die hof verskyn weens bewerings dat hulle deel van ’n sindikaat is wat renosters in die omgewings van Polokwane, Modimolle (Nylstroom) en Musina gestroop en hul horings verkoop het.

Faan Coetzee van die Trust vir Bedreigde Wildlewe het gistermiddag in reaksie op die jongste inhegtenisnemings gesê die polisie werk “ongelooflik hard aan die saak en daar gaan ongetwyfeld nog ’n paar verrassings kom.

“Dit is al bekend dat hulle gesê het dat nog lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik is en nog net op die verdagtes bestel moet word”.

Volgens Coetzee wil dit voorkom asof stropers nou ’n bietjie oor die saak “dink” voordat hulle toeslaan.

Hy verwag met die druk wat nou op stropers geplaas word, gaan nog “rotte binnekort uit die krake spring”.

Tot dusver vanjaar is 228 renosters in Suid-Afrika gestroop. Woensdag is die jongste slagoffer op ’n wildplaas naby Khula net buite Mtubatuba in die noorde van KwaZulu-Natal gevind.

Verlede jaar is 122 renosters onwettig geskiet.

Maandag begin die verhoor van mnre. Gert Saaiman van Saaiman Hunting Safaris en George Fletcher van Sandhurst Safari’s en sewe ander beskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria.

Hulle word van ’n string oortredings aangekla, waaronder die onwettige jag van renosters, onwettige handel in renosterhoring, geldwassery en diefstal. Ná die inheg­- tenisneming van die groep vroeër vanjaar is op bates van sowat R40miljoen beslag gelê.

- Die Burger

Lees meer oor: renoster gestroop  |  stropery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.