Karate-man in hof wat glo meisies betas
2011-11-14 18:59
Johannesburg – ‘n Karate-instrukteur wat daarvan beskuldig word dat hy jong meisies seksueel mishandel het, het in die Randburg-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag gesê.
“Die borgtogaansoek sal môre [Dinsdag] voortduur,” het Kholeka Gcaleka, woordvoerder, gesê.
Die 68-jarige man is op 7 November in hegtenis geneem nadat hy die meisies na bewering op ongepaste wyse betas het by sy karatesaal.
Volgens ao. Balan Muthan kan hy nie besonderhede van die saak verskaf nie, aangesien dit aan die Eenheid vir Kinderbeskerming oorhandig is.
Die man se naam mag nie genoem word voor hy gepleit het nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA