Karate-instrukteur weer in hof
2012-02-03 12:07
Johannesburg – ‘n Karate-instrukteur sal Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hy sy studente tydens hul klasse aangerand het.
Die saak is in Januarie uitgestel om te besluit of dit van die Randburg-landdroshof na die spesiale hof vir seksuele oortredinge by die Alexandra-landdroshof verwys moet word.
Die 68-jarige word daarvan beskuldig dat hy 11 van sy studente en voormalige studente betas het. Een vrou beweer dat hy haar as ‘n tiener verkrag het.
Die jongste persoon wat ‘n klag ingedien het is agt jaar oud.
Die man, wat al vir 43 jaar ‘n karate-instrukteur is, is verlede jaar in hegtenis geneem toe vier van sy studente sake teen hom by die Dougladsdale-polisiestasie oopgemaak het.
Hy is borgtog geweier.
Hy beweer die aanklagte is ongegrond.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA