Kar tref rower wat weghardloop
2011-07-22 23:03
Durban – ‘n Rower wat weggehardloop het ná hy 'n motoris langs hoofweg probeer beroof het, is deur ‘n motor op die N3 naby Durban doodgery.
Hy het ‘n motoris wat langs die kant van die pad gestaan en wag het vir hulp ná sy kar gebreek het, probeer beroof.
‘n Opel Corsa het hom getref toe hy oor die snelweg hardloop.
“Ons kan nie bevestig of die motoris beroof is en of hy bloot die rower weggejaag het nie,” het ‘n woordvoerder van ER24, Venessa Jackson gesê.
Die 47-jarige bestuurder van die Opel Corsa is ernstig beseer en hospitaal toe gehaas.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA