Kapers van motorolie, vasgetrek
2009-12-02 22:30
Johannesburg - Drie mans is in hegtenis geneem toe hulle na bewering ‘n vragmotor met 'n vrag motorolie in Benoni gekaap het, het polisie gesê.
Supt. Chris Wilken het gesê drie mans het Woensdagmiddag, die vragmotor gelaai met motorolie ter waarde van R50,000 gekaap.
Die vragmotor is later deur die polisie in Roodepoort, met die hulp van ‘n opsporingsmaatskappy, opgespoor.
Dit het aan die lig gekom dat die mans die vragmotor net so laat staan het en in ‘n Ford Bantam-bakkie gevlug het.
Die mans, tussen die ouderdom van 30 en 35 jaar, is van die pad gedwing en naby die High Gate-winkelsentrum in hegtenis geneem.
Wilken het gesê die verdagtes word tans by die Roodepoort polisiestasie aangehou totdat hulle Vrydag op aanklagte van gesteelde goedere en kaping, in die hof verskyn.
- Sapa