Kapers skiet man in bors, vrou ontsnap
2009-11-03 16:09
Johannesburg – ‘n 31-Jarige man veg om sy lewe in ‘n Pretoriase hospitaal nadat hy gedurende ‘n kaping in die bors geskiet is.
Die man en sy vrou het in die Bapsfontein-omgewing gereis toe hulle gekaap word. Hy is in die bors geskiet en in ‘n veld naby die skietbaan neergegooi.
Hy het die aand in die koue, nat weer deurgebring. Sy vrou het dit reggekry om van die kapers te ontsnap en het die polisie ontbied.
‘n Grootskaalse soektog is gelas, en die kritieke man is Dinsdagmiddag ongeveer twaalfuur gevind waar hy in die veld gelê het.
Netcare 911 paramedici het na die toneel gehaas en probeer om die man te stabiliseer. Hy is met die Netcare 1 Mediese helicopter na die Pretoria oos-hospitaal vervoer vir verdure behandeling.