Kapers skiet man dood
2009-12-12 10:08
Johannesburg – ‘n Man is Vrydagaand in Meyerton in Johannesburg deur drie kapers doodgeskiet, sê paramedici.
"Paramedici het op die toneel by die Meyerton brandweerstasie aangekom. Die man (30) is tydens 'n kaping in die hart en in die regter been geskiet,” het Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, gesê.
Volgens Vermaak het die man se gesin hom na die brandweerstasie gejaag nadat hy rondom 20:00 deur drie mans gekaap en geskiet is.
Paramedici het noodhulp toegepas maar die man is op die toneel dood verklaar.
- SAPA