Kapers jaag weg met kind
2009-09-12 13:16
Johannesburg - Drie mans het ‘n motor in Brakpan gekaap en weggery met die motoreienaars se agtjarige dogter nog agter in die voertuig.
Volgens kapt. Petros Mabuza is die man, sy vrou en hulle dogter Vrydagaand voor ‘n huis in Sherwood Gardens gekaap.
Die kapers het die ouers uit die motor forseer en weggery met hulle dogter nog agter in die voertuig.
Die egpaar se motor is sowat ‘n driekwartuur later gevind maar daar was geen teken van hulle dogter nie. Die meisie is later in Vosloorus opgespoor, waar sy deur die kapers afgelaai is.
Geen in hegtenisname is al gemaak nie en polisie ondersoek nog die saak.
- Sapa