Kapers hou hul voor as metropolisie

2010-05-19 06:42
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler, Beeld

’n Oos-Randse pa het Dinsdag huilend vertel hoe drie gewapende mans in Johannesburgse metropolisie-uniforms sy motor gekaap, sy hande agter sy rug geboei en ’n swart plastieksak oor sy kop en gesig vasgebind het.

Frikkie Davel (29) van Edenvale het gesê hy was om 17:00 in sy maroen Mazda Midge op pad huis toe, toe die kapers hom in Henleystraat in Brixton van die pad getrek het.

“Hulle het voor my stilgehou en die bestuurder en passasier het uitgeklim en na my toe gestap. ’n Derde persoon het agter in die motor (’n wit Toyota Corolla) bly sit.”

Die kapers het sy rybewys gevra, hom beveel om uit die voertuig te klim, deurgesoek en sy selfoon gevat.

“Hulle het gesê hulle arresteer my vir roekelose bestuur en toe boei hulle my hande agter my rug.

“Ek het gevra wat ek verkeerd gedoen het en hulle het gesê: ‘Ons sal later daaroor praat’,” het Davel vertel.

Die kapers het Davel agter in hul motor gedruk, ’n swart plastieksak om sy kop getrek en agter sy nek met ’n tou vasgebind.

Die sak was gelukkig nie styf vasgebind nie en Davel kon nog asemhaal. Hulle het toe verskeie draaie met hom gery terwyl hy met sy kop op een van die kapers se skoot gelê het.

“Ek het besef ek word gekaap en dat ek kalm moet bly.”

Ná ’n ruk het die kapers iewers in die bos stilgehou, Davel uit hul motor gepluk en hom dieper in die bos ingelei.

“Hulle het gesê ek moet gaan lê en toe dog ek dit is verby. Ek gaan nooit weer my baba (Xander, agt maande) en my vrou (Ronelle, 25) sien nie,” het Davel huilend vertel.

Die kapers het daarna die boeie van sy hande afgehaal, gesê hy moet stil bly lê en toe weggestap.

“Ná sowat tien minute het ek die sak oopgeskeur en uit die bos na die pad gehardloop.”

Hy het gehardloop tot by ’n vulstasie waar hy hulp gevra het, maar die kassier het hom weggejaag en gesê hy is dronk.

Hy was toe in Victory Park in Johannesburg.

Nadat hy by drie huise probeer aanklop het om hulp, het hy besef hy is ’n entjie weg van die Linden-polisiekantoor en het daarheen begin stap waar hy dadelik gehelp is.

Teen daardie tyd was dit al ná 19:00 en stikdonker.

Ao. Lorraine van Emmerik, polisiewoordvoerder, het gesê die Brixton-polisie ondersoek ’n klag van motorkaping.

-Beeld

Volg Beeld op Twitter.
 

 

Lees meer oor: kapings  |  metropolisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.