Kaper skiet sy maat
2009-10-16 22:17
Durban – ‘n Kaper het per ongeluk sy medepligtige Vrydagaand in Durban doodgeskiet, het Netcare 911 gesê.
Daar is oorsponklik vermoed dat die slagoffer ‘n omstander was maar dit het later bekend geword dat hy deel was van die kaping.
Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare, sê ‘n vrou wat onderweg was na ‘n partytjie is deur twee kapers op Manningstraag aangeval.
"’n Man wat gesien het wat gebeur het, het nadergestaan om haar te help en ‘n stoeiery het uitgebreek. ‘n Skoot is gevuur en een van die kapers is in die kop getref.
Die kaper is op die toneel dood en die vrou en die omstander is nie beseer nie.
- Sapa