Kaper in Oos-Kaap doodgeskiet
2010-05-23 01:17
Johannesburg – ‘n 32-jarige vermeende kaper en brandstofdief is in Mthatha doodgeskiet, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens lt.kol. Mzukisi Fatyela was hy een van die drie mans wat Vrydagaand na bewering ‘n voertuig gekaap het.
Hulle het daarna glo die motor met R250 se brandstof volgemaak en by die vulstasie weggejaag sonder om te betaal.
Die polisie is dadelik oor die insident in kennis gestel en die motor is naby die vulstasie opgespoor.
Die polisie het die mans gejaag en die verdagtes het op die polisie begin skiet, het Fatyela gesê.
Die polisie het teruggeskiet en die bestuurder doodgeskiet.
Die twee ander mans het gevlug en word gesoek.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.