Kapenaar oorleef Haïti

2010-01-18 11:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Ek sou in die portaal of stort van ’n hotel – wat vandag nie meer bestaan nie – gewees het.”

Só het Theo Joubert (38) van Durbanville gister gesê nadat hy Saterdag uit Haïti teruggekeer het.

Hy was daar toe ’n verwoestende aardbewing Dinsdag dié land getref het.

Die Haïtiaanse regering raam die dodetal op tussen 50 000 en 100 000 mense.

Joubert vertel hy het omstreeks 16:00 (Haïti-tyd) ná ’n reis van sowat 33 uur in Port-au-Prince geland.

Hy is mede-eienaar van Kineto Mobile, ’n maatskappy wat selfoonbankdienste aan opkomende markte verskaf, en was op ’n sakebesoek.

“My vennoot in Haïti, Jean-Paul Faubert, het my kom oplaai. Ek wou oudergewoonte eers na die hotel gaan om te rus, maar Jean-Paul het gesê ons moet dadelik na ’n vergadering gaan.

“In my gedagtes het ek gedink ek wil eerder hotel toe gaan, maar ek het ingestem om na die vergadering te gaan.”

Hulle was op pad na die vergadering toe die motor skielik na regs “val”. “Dit het gevoel of die band gebars het.” Toe die motor na links “val” en hulle geboue om hulle sien ineenstort, het hulle besef dit is ’n aardbewing.

“Die Here het my beskerm en seker gemaak ek is veilig.”

Die Montana-hotel, waarheen hy sou gegaan het as Faubert nie daarop aangedring het hulle moet dadelik na ’n vergadering gaan nie, is in die aardbewing verwoes.

Toe Joubert en Faubert besef ’n aardbewing tref die stad, is hulle onmiddellik na Faubert se familie. Faubert se vrou en twee kinders is ongedeerd.

Joubert kon aanvanklik nie kontak maak met sy vrou, Michell, wat saam met hul twee kinders, Danielle (2) en Annabelle (1), by die huis was nie.

“Ek het die volgende oggend (Woensdag) stil geword en die Here gevra dat my vrou ’n boodskap moet kry (dat ek veilig is.)

“In dié tien minute het Jean-Paul ’n oproep van my kantoor (in Suid-Afrika) gekry.”

Mev. Joubert was by die kollega wat Faubert gebel en uitgevind het mnr. Joubert is veilig.

Maar talle werkers in ’n fabriek waarin Faubert belange het, is dood. Dié fabriek was een van die geboue wat hulle besoek het om te probeer help.

“ ’n Mens voel magteloos. Oral waar die geboue ineenstort, is dit soliede sement.

“Ons het nie die toerusting gehad om dit op te lig om mense wat dalk daaronder vasgekeer is, te help nie.”

Faubert het gereël dat Joubert die land in ’n private vliegtuig na Miami verlaat.

Intussen het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu gister sy medelye met die slagoffers van die ramp betuig. Hy het die hoop uitgespreek dat “gewone mense” die geleentheid sou kry om tot “ ’n Suid-Afrikaanse Haïti-rampfonds” by te dra.

“Die hoeveelheid steun van mense van oor die wêreld heen is bemoedigend en wys ons universele gees van samehorigheid.”

- Die Burger
 

Lees meer oor: aardbewing in haïti

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.