Kankerlyer leer boewe 'n les

2009-10-15 09:24
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Brits - ’n Kankerlyer van Brits het twee gewapende rowers uit sy huis verjaag voordat sy gewonde seun die derde aanvaller by die deur uitgestamp het.

Die rowers het Sondag om 20:00 op Deon (61) en Derek Louw (33) en Louw sr. se tweejarige kleinseun, Ivan, in hul huis in die Unique Hof-veiligheidskompleks toegeslaan.

“Die voordeur was oop en ons het in die sitkamer gesit toe die drie duiwels instap, ’n wapen op ons rig en ons beveel om plat te lê,” het Louw jr. gesê.

Louw sr., wat drie jaar gelede al gehoor het hy sou weens kolonkanker nog net twee jaar leef, het dadelik gaan lê.

Sy seun het Ivan gegryp en bo-oor hom gaan lê.

Ivan se ma, Mia Louw (25), was in haar kamer. Sy sterk nog aan ná ’n breinoperasie ná ’n beroerte ’n paar jaar gelede. Toe sy die lawaai hoor, het sy ondersoek ingestel. Sy is ook oorval en ’n rower het haar gewurg.

“In ’n stadium het hulle die vuurwapen teen my pa se kop gedruk en dit ook op Ivan gerig,” het Louw jr. gesê.

Louw sr. het gesê ’n rower wou net sy voete met plastiekkabels vasbind toe hy besluit het om iets te doen. “Ek het opgespring en gemaak of ek iets uit my agtersak haal. Ek skreeu toe vir Derek dat ons die rowers moet aanvat en net daar het twee gevlug.

“Die gewapende rower het verbouereerd geraak en ’n skoot op my geskiet, maar gemis,” het Louw sr. gesê.

Louw jr. het gesê toe sy pa opspring, het hy eers gedink sy pa is dalk nie bang om dood te gaan nie omdat hy kanker het.

“Ek het ook opgespring en op die rower met die vuurwapen afgestorm. Hy het my in die bors geskiet, maar ek het hom by die deur uitgestamp en die deur gesluit,” het Louw jr. gesê. Die koeël is by sy bors aan die linkerkant onder sy ribbes in en agter sy blad uit.

Volgens hom het die polisie ’n uur nadat die voorval aangemeld is, by hul huis opgedaag.

Niks is gesteel nie.

- Beeld

 

Lees meer oor: misdaad  |  roof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.