Kanker eis veteraan-joernalis
2012-01-01 21:06
Johannesburg – Die veteraan-joernalis Veronica van der Westhuizen is op Nuwejaarsdag ná 'n stryd teen pankreaskanker in die St George-hospitaal in Port Elizabeth oorlede, het SABC-radiostasies berig.
Van Der Westhuizen (47) het geweld voor die 1994-verkiesing aan Gauteng se Oos-Rand sowel as gebeure by die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) vir SABC-televisie gedek.
Sy het ook vir e-tv gewerk en was ten tye van haar dood die Oos-Kaapse buro-hoof vir die daaglikse Afrikaanse poniekoerant, Die Son.
Van Der Westhuizen word oorleef deur haar twee kinders, haar ma en drie broers.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA